Koudste winter in Europa in jare.

Spekglad Berlyn

Berlyn

Berlyn

Berlyn

Berlyn

Honderde sneeuwpoppe - Berlyn

Berlyn

Binnekant van 'n Boeing 737-700, een van die nuutste in ons vloot.

Aand in Vejle naby Billund in Denemarken

Manchester - uitsig vanuit my hotelraam die ongelukkig nie oop kon maak nie.

Ek kan nie onthou dat in die 24 jaar dat ek in Nederland woon, ek ooit so koud gekry het as hierdie winter nie. Dit het in Desember al begin sneeu – dit is al vreemd want meestal gebeur dit in Januarie – Februarie, dis nou as jy geluk het. En dit lyk asof die einde aan die kou nog lang nie in sig is nie.

’n Week gelede het ek my verheug op my 1e oornagting in Berlyn. My skema het begin in Stavanger, Noorweë, toe Billund in Denemarken en geëindig in Berlyn.  Die eerste lokasies met temperature rond -3’C maar Berlyn het dit totaal en al oortref met -12’C! Nugter alleen weet wat die gevoelstemperatuur was, maar kouer dan -12 was dit seker.

Ek het myself goed ingepak met lae kleding en pad gevat. Binne 5 minute was my vingers, wat bedek was met warm fleecehandskoene gevoelloos van die koue. My warm sjaal wat ek soos Fatima om my kop gedraai het, het my gefrustreer omdat dit my warm asem opgevang en boontoe, rigting bril, gekaats het. Gevolg: wasem voor die oë.  Hoe moet ek sien waar om te loop op hierdie, met ’n yslaag bedekte looppaadjie? Nog ’n paar minute verder en ek besef dat my ore gaan afval as ek nie plan maak nie. Dit was tyd om ’n winkel te soek maar waar? Daar is so min mense op straat! Kon niemand om hulp vra nie. Die Berlyners is nie so mal om in hierdie koue die straat op te gaan nie. Bly almal lekker snoesig in hul warm huisies. Eindelik kom ek ’n kunswinkeltjie teë waar handgemaakte filt hoofbande te koop is. Thank heavens. €15,00 (op uitverkoop) verder en met die wete dat my ore dit gaan oorleef, loop ek verder. Maak ’n paar foto’s, maar na ’n uur se vrieswandel dag ek dat ek honger MOET wees.

Enige verskoning om tog net weer ’n gebou in te kan gaan om weer op te warm.

Gelukkig kan ’n mens goedkoop en lekker eet in Berlyn. My kos het ek so stadig moontlik gekou en herkou om maar nie te gou weer die yslug te trotseer nie.

Met die sit in die restaurant het ek my vergaap aan ’n groepie mense aan ’n tafel. Wat ek uit kon maak was dat ’n stel van diep in die 30 getrou het. Maar wat ’n saaie spul bymekaar. Die bruidegom het darem soos ’n bruidegom gelyk maar as dit nie was vir haar bruidsruiker nie, sou ek die bruid nie as sulks herken het nie. Grys en vaal.  Hulle het gesukkel met foto’s maak en dus kon ek dit nie laat nie en het aangebied om ’n foto van die spulletjie bymekaar te maak. Kort hierna het hulle afskeid geneem van mekaar en dit het my verbaas hoe styf en ongemaklik die lot met mekaar was. Familie en vriende die met stywe arms met groot afstand tussen die lywe mekaar groet. Ek mag dan wel Duitse voorvaders hê maar ’n goeie Duitser sal ek nie wees nie. Dis alles te kil vir my.

Teen die tyd was my bord leeg en my boude seer gesit. Dan maar weer buite toe. My plan was om na Checkpoint Charlie te loop. Egter, hierdie koue het begin deurdring tot in my binneste. Selfs my tande was koud en die wasem op my bril maak my mal. Dan maar die stryd opgee en teruggaan na my hotel. Drie uurtjies se yswandeling was skoon genoeg en die wete dat daar ’n bad met heerlike warm water op my wag het my krag gegee om te stap. Maar ek het ’n ietsie geproe van Berlyn en een ding weet ek seker. Ek moet terug (as dit warmer is). Dis ’n interessante stad met soveel geskiedenis en pragtige argitektuur.

Tyd om weer huis toe te gaan. Maar net 2 dae van rus is my gegun en toe moes ek alweer – so gaan dit al vanaf middel Januarie. Die sneeubuie en nare ysglyblubber buite begin nou frustreer om nie eers te praat van alle vertragings daardeur nie.

Advertenties

2 Reacties op “Koudste winter in Europa in jare.

  1. Baie nice foto’s. Dit lyk of dit erg koud moet wees, en -12C, ons in SA wet nie waarvan jy praat nie. Ons besef nie wat dit is om so koud te kry nie. Nice foto’s, kan sien hoekom jy wil terug.

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s