’n Terugblik op presies 2 jaar gelede.

Aangesien ek graag alle vliegverhale bymekaar wil hê, sien julle nou ’n herhaling van ’n nuusbrief die ek 2 jaar gelede in 2008 geskryf het toe ek net los was in die lug. Ironies genoeg het ek op hierdie oomblik weer so ’n Europa-skema en dit is uitputtend. Met min rusdae en byna elke keer voor son en wintervoëltjies uit my nes. En vir julle lot wat dan weer gaan begin brag dat julle elke dag dou voor dag op is, ek praat hier oor tydstippe van 03H30 tot 04H00 se opstaan. So, ek wen! (as dit ’n kompetisie was)

Dit begin so:

Nog een week, dan het ek ’n maand lang net Europa vlugte gevlieg, almal kort op mekaar met min rustyd. Dit is ’n fees maar dit kan ook soos afgelope week loop.

Zuidwester / Vuurdoop

Julle sal miskien wonder wat ek bedoel met ZUIDWESTER. As die Zuidwester waai, dan storm dit Kaap-de-goede-hoop-styl. Seilers soos Jason juig dan en stessies soos ek se moed sak in mooi bloue pumpskoentjies.  Dis die type wind wat altyd aan die einde van die week waai, veral op ’n Vrijdag wanneer hardgewerkte vermoeide sakemanne behoefte het om die liewe vroutjie tuis te knuffel, maar tog nog eers ’n paar duisend kilometer af moet lê om by sy knuffel te kom.
Verlede week was dit dan ook so ver…zuidwester storm.  Woensdag het daai windjie begin voel-voel.
Donderdaand moes ek aanmeld vir ’n ‘op-en-neertje’ na London. Met lood in my skoene, want ek voel mos nou al aan my water dat hier shit kom, meld ek aan. Sekuriteitschecks gedoen en alle pax (passasiers) sit hulle sit en die windjie ruk-ruk so aan die 737-stert. En toe kom de opstyg – skuddend en sidderend, maar ons is in die lug, oor die Noordsee en met minder dan ’n uur se vliegtyd, toe sit Teletubbie ** die kis met huiwering (dit was of ons eers nog vinnig moes klim en gasgee omdat hy miskien tog net te vinnig wou gaan land terwyl die baan so naby gelyk het) en ’n knal op die queen se grond neer.
(Teletubby is die pilot-in-opleiding met wie ek op Venetië gevlieg het – hy is te sien in my foto-album op Picasa. Nice ou, maar as julle my vra moet hy nog maar eens goed sy landings gaan oefen.)
Maar nou ja, in dieselfde styl het ons die lugruim terug AMS toe gekies en ’n paar skietgebedjies later het ek die aand dankbaar in my bed gelê.
Ondertussen woei hierdie zuidwester al harder en harder. Maar my planning is ongenaakbaar. Vrydag moes ons Gothenburg toe en daarna na Munchen, om daar te oornag. Wel, nou is ek mos al mentaal voorbereid. Gisteraand se LHR-vluggie het ek mos oorleef… Dit kan tog nie erger nie, of hoe?
Wat ek nie geweet het nie: in Skandinawië is ’n weerswaarskuwing gegee op 2e vlak (van 1 tot 5, waarvan 1 die swaarste storm is). Agteraf dink ek: KLM-base, julle moes die vlug op voorhand geannuleer het, maar nee, dit kos te veel geld!
Die kaptein was so nice om ons vooraf te waarsku dat die laaste deel van die vlug bumpy kan wees. WAT ‘N UNDERSTATEMENT! Dit was net ’n kermisattraksie agterin; julle weet wel, soiets as ’n big dipper net 200 keer erger.
Ek word nie maklik reissiek nie, en was dit ook nie nou nie, maar as hierdie vlug ’n halfuur langer geduur het…? Een ding is seker, die lokasie van my maag in my lyf was enigsins onseker. Ons is deurmekaar geskud, op-en-neer-links-na-regs-en-weer-terug. Op ’n crew bunk sit jy vas in ’n 4-puntsgordel. As die ding styf getrek is, dan sit jy stewig vas, maar nie die slag nie. Meerdere male het ons maar op 1 boud gesit.
Dit was doodstil aan boord.
Terugdinkend aan die vorige aand het ek ’n knaller van ’n landing verwag, maar niks minder was waar nie. Komplimente aan die kaptein. Hy het ons kissie pragtig sag neergevlei in GOT. (Volgens hom die moeilikste landing in sy 18 jaar as piloot.)
Die pax het die toestel geruisloos verlaat – dit was weird!
Toe kom die volgende: Boeing gee veiligheidslimiete aan by ’n start (opstyg) op ’n natte baan met dwarswind. Die dwarswind mag nie meer dan 25 knope wees nie. Maar hierdie stormpie begin hand uit te ruk. Selfs op die grond voel dit of die toestel meegesleur gaan word – dis soos ’n wipplank. Maar ja, die baas wil hê dat jy moet vertrek – dink aan die geld!!! Ons het meer dan ’n halfuur op die startbaan gestaan en wag vir ’n gaatjie in die wind om te kan vertrek, maar in plaas van afneem, neem hierdie wind net toe tot 55 knope. Tot my oplugting, en ek dink van my kollega’s en die nugtere pax, is die vlug toe geannuleer.
En daar sit jy dan in GOT sonder jou koffer  en sonder jou haargel en haarlak  en sonder jou spesiale deodorant  en jy kry visioene oor hoe jy die volgende dag gaan stink met onbeheerbare gras op jou kop! Not funny! En dan was ek ook nog die enigste vroumens tussen 4 manne!!! Gaan mos nou nie by ’n vreemde man oor hierdie onsekerhede kan bond nie! Verdorie.
Dis in sulke tye dat jy net oë toeknyp en die beste probeer maak van ’n slegte saak. Uiteindelik was dit groot fun. En nog nooit in my lewe het ek so baie onsmaaklike, ontoepaslike grappe gehoor nie. Asof my maag nie alreeds oorgevoelig was deur die tydelike verplasing nie. Gelukkig kan ek nie grappe onthou nie .

Een ding van die KLM: daar word goed vir jou gesorg. Ons het overnight-kits gekry en is na ’n hotel gebring. Selfs die rit in die crewbussie was gewaagd. Die brug tussen Sweden en Denemarken is afgesluit omdat die voertuie omgewaai het. Daar was oorstromings ens. ens.. Ieder geval, storm of geen storm: ons het heerlike garnale ge-eet en gaan slaap.
Teen 22.00 het ek al op een oor gelê, maar was om 00.00 wreed wakker gemaak deur ’n gebonk en gemor aan my deur. En ek dag: dis seker die ou aan die oorkant die uitgesluit is deur sy vrou. 15 Minute later dag ek, as ek nog wil slaap vamag gaan ek iets moet doen, want hierdie ou gee nie op nie, en die deur het nog steeds nie oopgegaan nie. Ek maak toe versigtig my deur oop en kyk na regs, die gang in. Niks. Loer toe om die deur na links. Toe staan ’n man daar met sulke groot stokstyf oge en hy val so half vorentoe, in my rigting – MOLESTE! “Go away” kon ek nog uitkry, en het daai deur met spoed toegegooi en hotelsekuriteit gebel. Hulle het hom in no-time daar weggehaal. Net sy drankglas het as stille getuie agtergebly.
Wonder of hy nou gedag het dat hy in die arms van ’n oulike jong Sweedse blondie sou val. Kry hy toe ’n middeljarige ou stessie wat haar gat afgeskrik het. Hihihi! Ek het half meelye met die arme ou.

Daar is my vertel dat dit in die Skandinawiese lande ’n status symbool is om dronk te wees want dis ’n bewys dat jy geld het. Blykbaar kos ’n biertjie Eur 100,00. (???) Jy sien inderdaad dan ook uiters sjiek geklede mense heeltemaal laddersat en wiebelend op hul voete. Dit gee nuwe waardes aan dronk swerwers in Holland.

Dit mag duidelik wees dat ek toe nooit in Muchen uitgekom het nie. Saterdagaand was ek weer tuis en Sondagoggend weer vort na ’n natte en koue Madrid. Die vlug was uneventful en gesellig – THANK HEAVENS! en alle drama’s van Donderdag en Vrydag byna vergete. Vanoggend (Maandag) is ek alweer tuis en kan ek lekker knuffel met my Lulu.

THAT’s LIFE! AND THIS IS MY LIFE! Vol met turbulente hoogtes, grote hoogtes en plaslaagtes … maar dis hoe ek dit wil hê!

Advertenties

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s