Nuwejaarsvoornemens (2010)

Tja, nuwejaarsvoornemens! Daai groot cliche waarmee almal ’n jaar begin en waarvan na die 2e week van die nuwe jaar, niks meer oor is nie. Toe dag ek so: as ek in die 2e week van die nuwe jaar begin met hierdie blog, wat 2 jaar agterloop, dan hou dit miskien 2 weke langer dan wat statisties gesien die geval sou wees (nie dat ek iets oor die statistieke weet nie – selfs die feit dat ek ooit in my donker verlede by die departement van statistieke in Pretoria gewerk het, het nie my belangstelling in statistieke kon bekoor nie).

Ek beloof plegtig dat ek hierdie ding gaan byhou en die reisverhale van die laaste 2 jaar ook hierop gaan sit – dis nou as ek kan agterkom waarom ek nie meer my reisverhale van my externe harde skyf kan kopieer nie. Ag ja, wat verwag julle nou ook van ’n blondie behalwe dat hierdie blondie nie so vinnig opgee nie.

Afgelope Saterdag het ek teruggekom uit ’n warm Bangkok waar dit gemiddeld 34’C was, ’n tikkeltjie te warm, na my koue kikkerlandjie (kikker = padda in Hollands) met sneeu en ’n gevoelstemperatuur van -15’C. Brrrr! Na ’n kort slapie van 3 uur het Jason besluit dat dit tyd vir my was om wakker te word. Sien, dit maak nie saak of jou seunskind 4 is of amper 19 nie – as hy besluit dat hy aandag van sy ma wil hê, dan sal hy dit kry – if you know what I mean. Ag, dit klink of ek kla maar ek geniet elke oomblik daarvan. Uiteindelik sit ek toe lekker knus op die bank, onder ’n deken, tussen Flip en Jason met my Yorkie-kind oppie skoot en kyk na die film van Roland Emmerich: 2012, terwyl die lug buite gevul is met sneeuvlokke. En toe dag ek by myself: wat is ek tog ’n gelukkige mens.

Sondagoggend se wakkerword was weer in ’n wit wonderwêreld. Foto-kanse is al waaraan ek kon dink. Dus het ons na ontbyt die honne-kinners in die kar gelaai, kamera om die nek en Jason soortvan gedwing om saam met ons duine toe te ry vir ’n wandeling. Dit het ek berou. Behalwe vir die slip-slide deur die gladde duinlandskap is ek so bekogel met ysballe deur my liewe seun dat my voorkoms verander het in die van ’n sneeupop. Die arme Flip het ook deurgeloop. Dis nie maklik om met ’n bril op jou neus (daai noodsaaklike ergernis omdat jou oge nie wil sien nie) en sneeu tussen jou oog en die bril te loop nie. Dit doen ook niks positief aan ’n mens se voorkoms nie, laat ek julle dit vertel. Lyk dan mos meer soos mal Japie.

Gelukkig het ons die wandeling oorleef sonder bene te breek en lekker warm sjokolademelk (met slagroom natuurlik!) gaan drink. Ons was oppad huistoe, toe die versoeking om nog meer sneeu-avonture te gaan soek die oorhand kry. Jason wou graag sien hoe dit op die Kagermeer lyk. Dis die meer naby ons in die Bollenstreek wat besaai is met klein eilandjies.  Die son het al gesak maar deur die weerkaatsing van die wit sneeu was dit moontlik om oulike foto’s te skiet. De meer was grotendeels bevrore. Dus is dit ’n vreemde gewaarwording om op ’n meer te kan loop. Tog ook ’n bietjie beangstigend. Maar ’n mens moet nie toelaat dat angs jou lewe oorheers nie – dis gans te beperkend. Nou kan ek ten minste ook sê dat ek op “water” geloop het – so to speak.

Ek hoop julle geniet die foto’s. Sou julle nog belangstelling hê vir my gebrabbel dan stel ek voor dat julle hierdie blog dophou. Mettertyd sal ek meer van my onsin stories plaas.

Advertenties

9 Reacties op “Nuwejaarsvoornemens (2010)

  1. Hi Bes,

    Oulike foto’s so in die sneeu! : ) Lyk of julle dit ook baie geniet!

    Het sommer dadelik jou blog ge-bookmark in Firefox! Sien uit
    daarna om te lees oor al jou mannewalis & reise! : )

    Ciao,
    Jacky & Mascha

  2. Hi my mensie

    Pragtige foto’s en dis lekker om jou en Flippie saam te sien baljaar. Julle lyk werklik gelukkig. Hoop ook die blog hou by en ja, waaragtag, ek kan hom access van hier in Chna. Lekker !!!!!

    Liefde
    Ons 2 xxx

  3. Ek het jou Blog dadelik by my favorieten gesit. Dit is wonderlik dat jy voortaan jou verhale gaan Blog – ek kyk uit na die volgende verhaal!
    Die foto’s is skitterend.

  4. Tog te oulik. En stunning foto’s. Ons moet tog kom kuier sodat ons ook julle mooi kikkerlandjie kan sien. Sjoe – en julle lyk so gelukkig. 🙂

    Ek sal gereeld op jou blog gaan loer hoor. En well done. Nicely done. (wens ek was so goed met hierdie rekenaar tegnologie 😦
    Tot later
    Liefde en verlange uit SA.
    xxx

  5. Hou van die nuwe familiefoto’s. Bly ek is nie in daardie koue nie. Jy kan maar meer van die mooi foto’s vir ons wys.

    geniet jou gelukkig wees!!!

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s